Frans se wen-bobotie
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(6 – 8 porsies)
2 dik snye bruinbrood
375 ml melk
25 ml olyfolie
10 ml botter
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
30 ml kerriepoeier
15 ml appelkooskonfyt
30 ml blatjang
25 ml bruin asyn
5 ml suurlemoensap
15 ml Worcestersous
15 ml borrie
1 kg maer beesmaalvleis
100 ml ontpitte rosyntjies
100 ml amandel-splinters
10 ml sout
3 eiers
8 klein lourierblare of suurlemoen-blare
Verhit oond tot 180 °C. Breek brood in stukkies en week dit in die melk. Verhit olie en botter in ‘n pan en braai uie en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg kerriepoeier en konfyt by en meng goed. Voeg blatjang, asyn, suurlemoensap, Worcestersous en helfte van borrie by. Druk melk uit brood, voeg brood by uie-mengsel en meng goed. Hou oorblywende melk eenkant. Voeg maalvleis, rosyntjies, amandel-splinters en sout by. Meng goed en braai oor lae hitte totdat die vleis net begin verkleur. Verwyder van stoof. Klits een eier en meng met maalvleismengsel. Giet in vuurvaste, gesmeerde bak. Rangskik lourier- of suurlemoen-blare bo-op bobotie en druk ‘n bietjie vas. Klits twee eiers met die oorblywende borrie en melk. Giet stadig oor bobotie. Plaas bak in oondpan. Giet water om bak in oondpan tot sowat twee derdes vol. Bak vir 1 uur. Sit voor met rosyntjiegeelrys.
Comments