Gemmerbier
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

10 liter water
1 kg suiker
15 ml jamaikagemmer
50 g kremetart
250 ml suurlemoensap
1 pakkie (10 g) kitsgis
250 ml sultanas
Bring die water tot kookpunt en voeg die suiker, gemmer, kremetart en suurlemoensap by. Meng goed. Haal van die hitte af wanneer die mengsel goed kook. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Voeg die gis en sultanas by. Roer goed. Gooi die gemmerbier in die groot plastiekemmer en maak toe. Laat staan vir drie dae by kamertemperatuur. Ná drie dae kan jy die emmer oopmaak en die gemmerbier in tweeliter-plastiekbottels oorgooi. Hou die bottels in die yskas.
Comments