Gerookte snoekpatee
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
400 g gerookte snoek
60 ml mayonnaise
30 ml tamatiesous
30 ml suurlemoensap
250 ml room
4 sprietuie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verwyder die vel van die snoek. Vlok die snoek en verwyder enige grate. Kap fyn in jou voedselverwerker. Voeg die mayonnaise, tamatiesous, suurlemoensap en room by. Meng goed. Haal uit die voedselverwerker en vou die sprietuie in. Geur met sout en swartpeper.
Comentários