top of page

Karoo-lamskerrie

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 1 min read

Karoo-lamskerrie.jpg

6 – 8 porsies

500 g droë botterbone

50 ml sonneblomolie

800 g lamsnek

1 600 g lam-kortribbetjie

2 uie, fyngekap

3 knoffelhuisies, fyngekap

6 aartappels, geskil en in kwarte gesny

375 ml water

20 ml kerriepoeier

15 ml borrie

15 ml gladde appelkooskonfyt

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas bone in ’n groot kastrol en tap koue water by om bone te bedek. Kook vir 5 minute. Skakel plaat af en laat staan bone oornag in water. Verhit sonneblomolie in ’n oondkastrol en braai lamsnek en -ribbetjie oor stadige hitte tot mooi bruin. Verhit oond tot 180 °C. Voeg uie en knoffel by vleis en braai vir 10 minute. Voeg aartappels en 250 ml van die water by. Plaas kastrol met ’n deksel op vir 1 uur in die oond sodat vleis sag word. Skakel intussen weer die plaat aan en kook bone tot sag. Haal kastrol met vleis uit die oond en voeg kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by. Geur met sout en swartpeper. Dreineer bone en voeg by die vleis. Voeg 125 ml water by. Meng deur en plaas terug in die oond vir minstens nog 2 uur. Jy kan die temperatuur verlaag na 160 °C en dit stadig laat kook. Die sous sal lekker afkook. Haal deksel ná 1 uur af as sous nog te dun is. Sit voor saam met roti’s en blatjang.

Om te drink

Geniet saam met shiraz soos Eagles Nest se 2006-shiraz, wat onlangs 5 sterre in die John Platter-wyngids gekry het.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page