top of page

Karoo-lamspastei met ertjie-kapokaartappels

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 2 min read

Karoo-lamspastei met ertjie-kapokaartappels.jpg

sowat 50 ml olyfolie

800 g ontbeende lamsboud, in blokkies gesny

65 ml koekmeel

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 lourierblare

750 ml beesvleis-aftreksel

65 ml rooiwyn

30 ml tamatiepuree

sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Bedek die lamsvleisblokkies met die meel en skud die oortollige meel af. Hou dit eenkant. Braai die lamsvleis (nie alles op een slag nie) tot bruin. Hou die vleis eenkant en gooi nog ’n bietjie olyfolie in die kastrol. Braai die ui en knoffel vir so 2 minute en voeg die lourierblare, aftreksel, wyn en tamatiepuree by. Meng die orige meel met ’n bietjie van die vloeistof tot ’n gladde pasta. Voeg by die vloeistof en voeg die lamsvleis daarby. Geur met sout en swartpeper. Maak toe met ’n deksel en laat prut vir 1¾ uur tot sag. As die sous te dik word, voeg nog ’n bietjie wyn of aftreksel by. Laat die vleis teen die einde vir 10 minute oop kook tot die sous lekker dik word.

Deegbakkies

300 ml koekmeel, gesif

125 g botter, in blokkies gesny

2 eiergele

30 ml koue water

Plaas die meel in ’n mengbak en voeg die botter by. Vryf die botter in die meel met jou vingerpunte totdat dit soos broodkrummels lyk. Klits die eiergele en water saam. Voeg by die meel en maak aan tot ’n stywe deeg. Maak die deeg toe met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir 30 minute. Verhit jou oond tot 200 °C. Verdeel die deeg in 4 stukke en rol dit tussen waspapier uit in groot sirkels. Voer 4 klein quiche-pannetjies wat los bome het met die deegsirkels. Plaas die pannetjies op ’n bakplaat. Sit ’n stuk waspapier bo-op die deeg in elke pannetjie, en vul met droë bone (dis blind bak). Bak in die oond vir 10 minute. Verwyder die papier en bone en bak vir nog 10 minute. Ertjie-kapokaartappels

560 ml bevrore ertjies

2 aartappels, geskil

20 g botter

80 ml warm melk

20 g kruisement, fyngekap

sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die aartappels en ertjies apart tot sag. Dreineer albei. Maak die aartappels en ertjies apart fyn. Meng die botter en warm melk met die aartappels. Voeg die fyngemaakte ertjies en kruisement by. Geur met sout en swartpeper. Om voor te sit Skep van die lamsvleis in elke deegbakkie en skep van die ertjiekapokaartappels bo-op. Om te drink Lamsvleis en cabernet sauvignon is ’n klassieke kombinasie. Dit is die mees aangeplante rooiwynkultivar in SA en daar is dus baie om uit te kies.

 
 
 

ความคิดเห็น


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page