Karringmelkbeskuit – die basiese resep
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

Een broodpan
(18 stukke)
500 g bruismeel
2,5 ml sout
250 g botter
200 g suiker
250 ml karringmelk
1 eier
Twee broodpanne
(36 stukke)
1 kg bruismeel
5 ml sout
500 g botter
400 g suiker
500 ml karringmelk
2 eiers
Gooi die bruismeel en sout in ‘n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Sit die suiker by en meng goed. Klits die karringmelk en eier(s) saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpanne en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met ‘n toetspen en maak seker hy kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur teen 120 °C uitdroog. Ek droog gewoonlik my beskuit oornag in die oond uit.
Comments