Klein lamsosaties
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(sowat 17 klein sosaties)
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2 lourierblare
10 ml sout
3 ml fyn gemmer
4 draaie varsgemaalde swartpeper
20 ml fyn koljander
100 ml melk
150 g droë appelkose
4 uie, in kwarte gesny
1 kg lamsboud, in blokkies gesny
Meng al die bestanddele (behalwe die appelkose en uie) saam en gooi dit oor die vleisblokkies. Maak die bak toe met kleefplastiek en laat staan oornag in die yskas. Maak die sosatiesous soos volg:
Sosatiesous
200 ml water
20 ml suiker
20 ml kerriepoeier
3 ml sout
5 ml borrie
20 ml fyn appelkooskonfyt
450 ml witwynasyn
30 ml mielieblom, gemeng tot ’n pasta met 50 ml water
Meng al die bestanddele behalwe die asyn en die mielieblom in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir 5 minute. Voeg die asyn by en laat afkoel. Meng die sous met die vleisblokkies en marineer vir minstens 1 – 2 dae. Ryg die vleis, appelkose en ui-kwarte op klein stokkies. Rooster die sosaties stadig tot bruin en gaar. Verhit die oorgeblewe marinade en verdik met die mielieblom-pasta. Bedien saam met die sosaties.
Comments