top of page

Lamsosaties

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 1 min read

lamsosaties.jpg

(10 – 12 sosaties)

1,5 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny

8 stukke ontbeende varkliesribbetjie, in blokkies gesny

Marinade

30 ml sonneblomolie

2 – 3 uie, in skywe gesny

3 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml matige kerriepoeier

15 ml borrie

2 – 3 lourierblare

5 ml fyn gemmer

30 ml fyn appelkooskonfyt

350 ml witwynasyn

sout en varsgemaalde swartpeper

500 ml melk

Maak eers die marinade: Verhit die olie in ‘n kastrol en braai die uie en knoffel tot sag maar nie bruin nie. Voeg die kerriepoeier by en braai vir so 2 minute. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die melk, by en kook vir sowat 10 minute. Verwyder die kastrol van die hitte en voeg die melk by. Laat afkoel. Moenie skrik nie – die melk gaan skif en dit lyk nie te aangenaam nie, maar dis reg so. Gooi die afgekoelde marinade in ‘n groot bak oor die vleis en laat oornag in die yskas marineer. Ryg nou die lamsvleisblokkies saam met die varkvleis op sosatiestokkies. Verhit weer die marinade. As jy dit vir so 15 minute kook, verdwyn die skif. Laat afkoel en bedruip die sosaties daarmee terwyl jy hulle braai.

Wenk

As jy houtsosatiestokkies gaan gebruik, week die stokkies oornag in koue water. Dit sal keer dat die stokkies brand wanneer jy die sosaties braai.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page