top of page

Lamspastei

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 2 min read

Lamspastei.jpg

(6 porsies)

2 kg lamsboud, in blokkies gesny

70 g (125 ml) koekmeel

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

30 ml olyfolie

30 ml botter

3 uie, gehalveer en in dun skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyngekap

200 ml rooiwyn

300 ml beesvleis-aftreksel

2 lourierblare

5 ml droë tiemie

Aartappeldeeg

200 g bruismeel

knippie sout

150 g ongesoute botter, in klein blokkies gesny

2 gekookte aartappels (sonder vel), fyngedruk

1 eier, effens geklits

Verhit oond tot 180 °C. Rol lamsvleis in meel en geur met sout en swartpeper. Skud die oortollige meel af. Verhit olyfolie in ’n kastrol en braai die vleis (nie alles op een slag nie) tot bruin. Haal vleis uit en hou eenkant. Smelt botter in dieselfde kastrol en braai uie vir sowat 5 minute tot sag. Voeg knoffel by en braai verder vir 1 minuut. Sit die lamsvleis terug in kastrol saam met die rooiwyn, aftreksel, lourierblare en tiemie. Geur met sout en swartpeper. Bring die vulsel tot kookpunt en maak toe met ’n deksel. Plaas kastrol in die oond vir 1 – 1½ uur tot die vleis sag is. Haal uit en skep in ’n 1,5 liter-pasteibak. Laat afkoel voor jy die deeg opsit. Terwyl die vulsel afkoel, kan jy die deeg maak. Sif die bruismeel in ’n groot mengbak. Voeg sout by. Vryf die botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die fyn aartappels by en maak aan tot ’n deeg. Maak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 30 minute. Verhit oond weer tot 180° C. Rol die deeg uit op ’n meel-bestrooide oppervlak. Die deeg kan nogal sag wees. Gebruik ’n koekiedrukker en sny sirkels uit. Plaas die sirkels bo-op die deeg. Verf die deeg met geklitste eier en plaas in warm oond vir sowat 30 – 35 minute.

Om te drink

Dieselfde wyn as in die gereg. Merlot werk goed saam met lam. Probeer Veenwouden s’n.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page