Mini-pampoenkoekies
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(sowat 30 klein koekies)
1 kg pampoen, in blokke gesny
100 g (180 ml) koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eiers, geklits
sonneblomolie om die koekies in te braai
Stoom of kook die pampoen tot sag. Dreineer die oortollige water en druk die pampoen baie fyn. Meng die pampoen, meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Voeg die geklitste eier by en meng goed. Verhit ’n bietjie sonneblomolie in ’n pan (maak seker die pan is goed bedek met olie) en skep klein bietjies van die pampoenmoes daarin – minder as vir tradisionele pampoenkoekies. Braai aan albei kante bruin en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor met kaneelsuiker.
Kaneelsuiker
100 ml suiker
15 ml fyn kaneel
Meng die twee bestanddele goed saam.
Comments