top of page

Paaslam met kappertjiesaad-en-groen-kruie-vulsel

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 1 min read

Paaslam met kappertjiesaad-en-groen-kruie-vulsel.jpg

(8 porsies)

1 groot lamsboud, ontbeen (2,7 – 3 kg)

1 glas witwyn gemeng met dieselfde hoeveelheid water

Vulsel

1 knoffelhuisie

15 ml kappertjiesaad (capers)

4 – 5 ansjovissies (die goeie soort, ingelê in olyfolie)

’n bossie platblaarpietersielie, stele verwyder

15 – 20 basiliekruidblare

blare van 4 takkies dragon (tarragon)

’n bietjie mosterd, suiker en swartpeper na smaak

sap en skil van een suurlemoen

’n goeie skeut olyfolie

Verhit jou oond tot 220 °C. Berei vulsel voor: Kap die knoffelhuisie fyn op ’n groot groenteplank, voeg die kappertjiesaad, ansjovis, pietersielie, basiliekruidblare en dragon by en kap alles saam fyn (’n mezzaluna werk goed). Skep in ’n mengbak en roer mosterd, suiker, suurlemoensap en -skil en swartpeper by. Gooi olyfolie by en meng tot ’n dikkerige pasta. Proe en pas smaak aan maar moenie sout byvoeg nie, want die kappertjiesaad en ansjovis sorg daarvoor. Smeer die vulsel oor die binne-oppervlak van die lamsboud. Rol boud op en bind stewig vas met kombuistou. Plaas in roosterpan en rooster vir 30 minute. Gooi die wyn-en-water oor die vleis en verlaag temperatuur tot 160 °C. Rooster ’n verdere 15 minute vir elke 500 g vleis, indien jy dit medium-gaar verkies. Skakel oond af en laat vleis in die oond afkoel vir 20 – 30 minute. Maak intussen die vleissous: Gooi die vleissappe uit die oondpan in ’n kastrol en kook af. Dit moet ’n lekker intense smaak hê. Sny die vleis in dun skywe en gooi die vleissous in ’n sousbeker. Sit vleis warm of teen kamertemperatuur voor met oondgebakte pampoenskywe en stampkoring.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page