Padda in die gat
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(4 – 6 porsies)
500 ml bruismeel, gesif
5 ml sout
125 ml botter, gesmelt (Leipoldt het hoendervet gebruik)
250 ml karringmelk
250 ml melk
1 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
meel om die vleis te bedek
sout en varsgemaalde swartpeper
sowat 50 ml sonneblomolie
5 ml fyn neut
5 ml fyn koljander
180 ml droë witwyn
sap van 2 suurlemoene
Maak eers die beslag. Meng die bruismeel en sout in ’n groot mengbak. Klits die gesmelte botter, karringmelk en melk goed saam. Klits die mengsel by die meel in. Klits baie goed om seker te maak daar is geen klonte nie. Laat staan vir sowat 30 minute terwyl jy die vleis voorberei. Verhit jou oond tot 180 °C. Leipoldt het nie die vleis vooraf gebraai nie, maar ek doen dit om die vleis lekker te seël. Bedek die vleis met die meel en skud die oortollige meel af. Geur die vleis met sout en swartpeper. Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die lamsblokkies tot bruin. Sit die vleis in ’n oondbak van so 30 x 20 cm. Sprinkel die neut en koljander oor die vleis. Gooi die witwyn en suurlemoensap oor. Gooi nou die beslag oor en maak seker die vleis is goed bedek. Bak in die oond vir so ’n uur en 10 minute.
Om te drink
Chardonnay sal goed werk as witwyn-pasmaat. Kies ’n gehoute, swaarder een soos Louisvale s’n. As jy ’n rooiwyn verkies, probeer ’n merlot.
Comments