top of page

Pampoenbeskuit

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 1 min read

Pampoenbeskuit.jpg

(sowat 36 stukke)

1 kg (1 800 ml) bruismeel

5 ml sout

500 g (540 ml) botter

400 g (500 ml) suiker

250 ml karringmelk

250 ml pampoen-puree (sien onder)

2 eiers

Verhit jou oond tot 180 °C. Gooi die bruismeel en sout in ’n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker by en meng goed. Klits die karringmelk, pampoen-puree en eiers saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpanne (gebruik 2 broodpanne van so 18 x 12 cm groot) en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met ’n toetspen – maak seker dit kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny of breek. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur uitdroog teen 120 °C. Ek droog my beskuit gewoonlik oornag uit.

Pampoen-puree

Ek koop sommer gesnyde pampoen by die supermark hiervoor. Pampoen-puree moet lyk soos baie gladde babakos. (sowat 500 ml pampoen-puree)

500 g gesnyde pampoen

ekstra water indien nodig

Stoom of kook die pampoenstukke tot gaar. Laat die pampoen effens afkoel en verpulp dit in jou versapper of voedsel-verwerker. Ek vind dat ’n versapper ’n baie gladder puree gee. Voeg ’n klein bietjie water by indien nodig.

 
 
 

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page