Pampoen-vetkoek
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(sowat 8 “vetkoeke”)
240 g (430 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml botter
125 ml melk
125 ml pampoen-puree (sien onder)
sowat 300 ml sonneblomolie om in te braai
Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter daarby in. Voeg die melk en pampoen-puree by en meng goed. Verhit die olie in ’n diep pan. Toets met ’n klein bietjie van die mengsel of die olie reg is – dit moet begin braai, maar nie te vinnig nie. Skep eetlepels vol van die mengsel in die warm olie en braai weerskante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor saam met stroop.
Wenk
Druk jou eetlepel in die warm olie voor jy die mengsel skep – dit gly dan makliker uit die lepel.
Pampoen-puree
Ek koop sommer gesnyde pampoen by die supermark hiervoor. Pampoen-puree moet lyk soos baie gladde babakos. (sowat 500 ml pampoen-puree)
500 g gesnyde pampoen
ekstra water indien nodig
Stoom of kook die pampoenstukke tot gaar. Laat die pampoen effens afkoel en verpulp dit in jou versapper of voedsel-verwerker. Ek vind dat ’n versapper ’n baie gladder puree gee. Voeg ’n klein bietjie water by indien nodig.
Comments