top of page

Paptert

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 1 min read

Paptert.jpg

8 – 10 porsies

1 liter water

10 ml sout

625 ml mieliemeel

30 ml botter

250 ml gerasperde pecorino-kaas

Bring die water en sout tot kookpunt. Meng die mieliemeel met water tot ’n gladde pasta. Voeg die pasta by die water en roer om klonte te vermy. Verlaag hitte van plaat en maak kastrol toe met ’n deksel. Laat staan die pap vir so 10 minute. Roer botter en pecorino-kaas deur.

Vulsel

15 ml botter

250 g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny

250 g sampioene, in skywe gesny

1 ui, fyngekap

1 blik (410 g) mieliepitte, gedreineer

2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml room

250 g cheddarkaas, gerasper

sowat 10 vars basiliekruidblare, geskeur

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ’n pan en braai spek en sampioene en ui saam. Smeer ’n oondbak van sowat 30 x 20 cm met ’n bietjie botter. Skep helfte van pap onderin bak. Skep spek-en-sampioen-mengsel bo-op. Sprei mieliepitte bo-op saam met een blik se tamaties. Geur met sout en swartpeper. Skep orige pap bo-op. Sprei die ander blik tamaties bo-op, gooi room oor en besprinkel met kaas. Bak vir 30 – 40 minute. Garneer met vars basiliekruid en sit warm voor saam met braaivleis.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page