Roosterkoekies
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(sowat 15 roosterkoekies)
125 g (225 ml) witbroodmeel
125 g (225 ml) koekmeel
5 ml sout
10 g kitssuurdeeg-pakkie
10 ml suiker
155 ml warm water
klein bietjie kookolie
kaas van jou keuse, bv. cheddar, groenvye en biltong om saam voor te sit
Meng die broodmeel, koekmeel, sout, suurdeeg en suiker in ’n mengbak. Voeg die warm water by en maak aan tot ’n stywe deeg. Knie die deeg vir minstens 10 minute. Plaas die deeg in ’n bak en smeer ’n bietjie kookolie bo-oor. Maak die bak toe met kleefplastiek en laat staan op ’n warm plek tot die deeg tot dubbel die grootte gerys het. Knie af en vorm in ’n lang wors. Sny die deegwors in klein stukkies en vorm die roosterkoeke. Laat weer vir so 15 minute rys. Braai die roosterkoeke oor matige kole of braai in ’n riffelpan tot gaar.
Comments