SEKS IN 'N PAN POEDING
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

Bederf jou liefling met hierdie heerlike stoute nagereg...
Bestanddele
Kors:
1 koppie pekanneute, gekap
3 eetlepels wit suiker
1/2 koppie botter
1 koppie meel
Roomkaas laag:
225 gram roomkaas
1 koppie strooi suiker
1 koppie geklopte room
Vanielje poeding laag:
1 pakkie "instant vanilla pudding" (144 g)
3 koppies melk
Sjokoladepoeding laag:
1 pakkie "instant chocolate pudding" (144 g)
3 koppies melk
Laaste laag:
2 koppies geklopte room
sjokolade skaafsels (rasper die sjokolade indien jy nie skaafsels kan maak nie)
Aanwysings:
Voorverhit die oond tot 180 grade.
Spuit 'n 23 x 33 cm bak met "Spray & Cook".
In 'n menger meng al die kors bestanddele saam en druk die mengsel in die voorbereide bak.
Bak dit vir sowat 20 minute.
Berei die vanielje poeding soos per die instruksies op die pakkie.
Berei die sjokolade poeding soos per die instruksies op die pakkie.
In 'n menger voeg die roomkaas, strooi suiker en die koppie geklopte room by. Meng tot lig en donsig.
Laat die kors afkoel. Smeer die room kaas mengsel egalig oor die kors.
Smeer die sjokolade poeding oor die roomkaas laag. Daarna is dit die vanielje poeding laag bo-op die sjokolade laag.
Laastens word dit gedek met die geklopte room en sprinkel die sjokolade skaafsels bo-oor.
Plaas dit in die yskas vir 'n uur of twee sodat dit styf kan word.
Resep deur: Texas Resepte
Comments