Skaapstertjies
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(4 porsies)
1 kg skaapstertjies
50 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml koljander, gemaal
1 takkie vars tiemie
2 suurlemoene
Bedek skaapstertjies in ’n pot met water. Kook tot sag. Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi water af en plaas skaapstertjies in ’n oondpan. Sprinkel olie, sout, swartpeper, koljander en tiemieblare oor. Sny een suurlemoen in kwarte en voeg by. Rooster in die oond tot bruin. Druk die sap van die orige suurlemoen oor voor jy dit voorsit.
Om te drink
Oranjerivier Wynkelders Shiraz
Comments