Skilpadjies
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(10 porsies)
3 – 4 kg vars netvet
1 kg skaap- of beeslewer
2 skaapniertjies
150 g wildsvleis-steak
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml sout
5 ml growwe swartpeper
5 ml brandrissie, gekap
1 takkie vars tiemie
50 ml bruinasyn
50 ml Worcestersous
tandestokkies
Bedek netvet met warm water. Maak lewer en niertjies skoon (of vra jou slagter om dit te doen). Sny steak, lewer en niertjies in klein blokkies. Voeg uie, knoffel, sout, swartpeper, brandrissie, tiemieblare, asyn en Worcestersous by. Verwyder dik rante van netvet. Sprei netvet op werksoppervlak uit en sny in 10 gelyke vierkante. Skep ’n eetlepel vol lewermengsel op elke vierkant. Vou netvet toe en steek die bondeltjies met tandestokkies vas. Braai skilpadjies stadig oor matige kole vir 30 – 45 minute.
Om te drink
Oranjerivier Wynkelders Pinotage
Comments