Tex-Mex Maalvleis
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute
500 g beesmaalvleis
60-80 ml (¼-1/3 k) tamatiepasta
5 ml (1 t) paprika
2 ml (½ t) brandrissievlokkies
1-2 blikkies (410 g elk) gebakte bone
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
1 groen soetrissie, in stukke gesny
suiker
sout en peper
4 tortillas, in skywe gesny
blaarslaai
gerasperde geelkaas
Braai die maalvleis 5 minute.
Meng die tamatiepasta, paprika en brandrissievlokkies by en braai nog 1 minuut
Voeg die gebakte bone, mielies en soetrissie by en roer deur. Laat 5-10 minute prut.
Geur met die suiker, sout en peper en laat nog 5 minute prut.
Spuit ’n pan met kossproei en rooster die tortillas daarin.
Sit voor met die slaai, tortillas en kaas.
Comments