Vlerkies met Texasspeserye
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

GenoeG vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
marineertyd: oornag
MARINADE
250 ml (1 k) tamatiesous
1 klein ui, gerasper
1 knoffelhuisie, gekneus
60 ml (¼ k) worcestersous
25 ml (5 t) vars suurlemoensap
15-30 ml (1-2 e) bruinsuiker
15 ml (1 e) druiweasyn
15 ml (1 e) mosterdpoeier
5 ml (1 t) fyngekapte brandrissie
5 ml (1 t) tabascosous
HOENDER
12 hoendervlerkies
MARINADE Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol, bring tot kookpunt en laat 10 minute prut. Laat afkoel.
HOENDER Plaas die hoendervlerkies in ’n niemetaalbak en giet die marinade oor. Marineer oornag in die yskas.
Voorverhit die roosterelement van die oond. Pak die vlerkies in ’n enkellaag op ’n bakplaat of in ’n oondpan en rooster 20-30 minute of tot die vlerkies gaar en sag is. Draai dit gereeld om terwyl dit rooster en smeer met die marinade.
Sit voor met bier en brood.
Comments