top of page

Wildspastei

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 2 min read

wildspastei.jpg

1 springbokblad of -boud

500 ml bruin asyn

2 lourierblare

500 ml rooiwyn

200 ml bruin asyn

6 heel peperkorrels

2 lourierblare

5 heel naeltjies

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

15 ml sonneblomolie

1 ui, fyngekap

250 g repiespek, in klein blokkies gesny

2 velle blaardeeg

1 eier, geklits

Plaas die vleis in ’n groot bak. Gooi die 500 ml bruin asyn en die lourierblare bo-oor. Plaas die bak in die yskas en laat marineer vir minstens 3 dae. Draai dit elke dag om. Haal dan die vleis uit die marinade, spoel dit af en plaas in ’n groot kastrol. Voeg die rooiwyn, 200 ml bruin asyn en speserye by. Geur met sout en peper. Sit ’n deksel op en bring tot kookpunt op die stoof. Draai die hitte af sodat die vleis baie stadig kook. As die sous te min word, kan jy nog water byvoeg. Ek kook wild oornag fyn oor ’n baie lae hitte. Om vleis fyn te kook, duur lank – minstens 6 tot 8 uur. Dit sal dan ’n draderige tekstuur hê en van die been afval. Verwyder die been. Braai die uie en spek saam in die sonneblomolie. Voeg by die fyn vleis en geur met sout en peper, indien nodig. Skep die vleis in ’n oondbak, of maak individuele pasteie in klein oondbakkies. Verhit die oond tot 200 °C. Laat die vleis afkoel voor jy die deeg bo-op plaas en dit verf met die geklitste eier. Maak deegversierings, soos blaartjies, bo-op die deeglaag. Sny twee kepe bo-in die deeg sodat stoom kan ontsnap. Bak vir 30 – 45 minute tot die deeg gaar en mooi goudbruin is.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page