Wynjellie
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

6 porsies
3 velle gelatien
1 vanieljepeul se sade
300 ml witwyn – ek het ’n chenin blanc gebruik
150 ml water
110 g (130 ml) strooisuiker
20 druiwekorrels, gehalveer versuikerde druiwe
druiwekorrels
1 eierwit, effens geklits
strooisuiker
Week gelatien vir 5 minute in koue water. Skraap sade uit vanieljepeul. Plaas wyn, water, suiker en vanieljesade in ’n kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet opgelos wees voordat dit begin kook. Verwyder van hitte sodra eerste borrels verskyn. Druk oortollige water uit gelatien en voeg gelatien by warm vloeistof. Roer tot heeltemal gesmelt. Verdeel druiwe tussen glase en gooi mengsel oor. Laat stol minstens oornag in yskas. Gebruik klein kwassie en verf korrels met eierwit. Sprinkel strooisuiker oor elkeen en plaas op bakplaat uitgevoer met bakpapier. Laat droog word. Versier elke glas met korrels en sit voor met room.
Wenk
Moenie die versuikerde druiwe-korrels in die yskas sit nie − die suiker sal smelt.
Om te drink
Obikwa Chenin Blanc
Comments