Eiers
- The Rainbow Team
- Feb 4, 2015
- 1 min read

Omelet:
4 Eiers 2 Teelepels maizena / mielieblom
2 Eetlepels melk Sout (na smaak)
• Klop eierwitte baie styf, voeg mielieblom by eiergele met melk en vou mengsel in eierwitte
in.
• Maak verbruiningsbak vir 3-minute warm, voeg bietjie botter by en voeg dan eiermengsel
by. Mikrogolf op hoog vir Ongeveer 3 ½ minute.
• Neem bak uit mikrogolfoond en vou omelet in helfte.
• Laat staan 1-minuut.
• Gerasperde kaas, biltong, bacon of piesangs kan bygevoeg word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alternatiewe metode vir omelet:
• Smeer of spuit glasbord met nie-kleefspuitmiddel.
• Skei eiers, klop wit styf en vou dan geel in, voeg 1 eetlepel water by per eier, geen sout.
• Giet mengsel in bord en lig kant liggies op met slaplemmes om sodoende rou en vloeibare
eiermengsel na kante van bord (en mikrogolwe) te lei en sodoende egalige gaarmaak te
verseker.
Let wel: Onthou staantyd soos met die gaarmaak van roereiers, vermy uitdrogings.
Comments