Biltong-en-kaas roosterkoeke
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

(8 ROOSTERKOEKE)
1 kg winkeldeeg
1 hand vol koekmeel vir uitrol
200 g cheddarkaas, gerasper
150 g sagte biltong, gekerf
Verdeel deeg in 8 stukke. Sprinkel ’n dun lagie meel oor die werkoppervlak. Gebruik die palm van jou hand en druk deeg effens plat op meel. Verdeel kaas en biltong tussen jou deegporsies. (Plaas dit in
die middel van elk.) Vou nou die deeg van buite af om na die middel toe sodat dit die vulsel toemaak. Plaas die kant wat na bo wys nou na onder op ’n bakplaat wat met meel bestrooi is. Laat op ’n warm plek rys tot dubbel in volume – sowat 10 – 15 minute.
Kry jou kole tot medium-warm
(jy moet jou hand sowat 20 cm bo die kole kan hou vir tot 8 sekondes.) Plaas koeke op koel kole en braai stadig vir sowat 8 – 10 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.
WENK: Gaar brood sal hol klink as jy liggies met jou kneukel daaraan klop en sal lig voel vir sy grootte.
Comments