Biltong-patee
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

ʼn Wonderlike voorgereg vir ʼn bos-ete – en ook lekker op brood as vinnige tussenin-happie
30 ml olyfolie
½ ui, fyngekap
125 g wit sampioene, in skyfies gesny
250 ml fyn biltong
125 g roomkaas
70 ml mayonnaise
Verhit olyfolie in pan. Voeg ui by en braai tot effens sag. Voeg sampioene by en braai tot sag. Al die vloeistof moet verdamp terwyl jy die sampioene braai. Laat afkoel en plaas in jou voedselverwerker. Puree tot fyn. Voeg nou res van bestanddele by en meng goed. Die patee het geen sout of peper nodig nie, want die biltong bevat genoeg geurmiddels.
Comments