Brandrissie-ribbetjies met gebraaide mielies
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6
• 1 x basiese varkribbetjie-resep (bl. 82)
• 20 ml gerookte brandrissie-vlokkies
• 35 ml gerookte paprika
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
Gebraaide mielies
• 6 mielies, gekook tot gaar
• 55 g (60 ml) botter, gesmelt
• sout en varsgemaalde swartpeper
Kook die ribbetjies in die basiese marinade volgens resep op bl. 82. Verwyder ribbetjies en kook sous af tot dit met 2/3 verminder het. Roer rissievlokkies, paprika en vars brandrissie
by mengsel. Maak vuur se kole matig warm en plaas gekookte ribbetjies in toeklaprooster. Verf met afgekookte marinade. Braai 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin en bros. Hou
eenkant warm. Mielies Verf mielies met botter en braai oor warm kole tot mielies bruin begin braai. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gaar ribbetjies.
Comments