Groot braaibrode
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

(2 PORSIES)
1 witbrood, ongesny
botter vir smeer
200 g cheddarkaas, gerasper
2 tamaties, in ringe gesny
1 klein ui, in ringe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
Gebruik ’n skerp broodmes en sny die brood in die lengte in snye van sowat 1,5 cm dik. Dit sorg dat jy op die ou end lang snye het. Smeer elke sny aan een kant met botter. Verdeel kaas ewererdig tussen die
helfte van die snye, gevolg deur tamatie en uie. Geur met sout en swartpeper. Plaas oorblywende sny bo-op en druk stewig vas. Plaas braaibrode in toeklaprooster en braai stadig oor medium hitte tot goudbruin. Die geheim van ’n braaibrood is om dit eers hoog oor die kole te braai sodat die kaas binne smelt. Sodra dit lyk of kaas gesmelt is, kan jy dit nader aan die kole hou om bruin te braai.
Comments