top of page

Maak jou eie biltong

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 5, 2015
  • 2 min read

biltonge.jpg

Só maak jy

Biltong bevat vier basiese bestanddele. Dié hoeveelhede is genoeg vir 10kg nat biltong.

1. Vleis (10kg)

Rugstringe (filette) of boudvleis word gebruik, en as jy jou eie beesbiltong wil maak, kan jy sommer ‘n groot stuk silverside (dystuk) koop en in biltonge sny. Onthou, ‘n stuk krimp 30% – 50% terwyl dit uitdroog. Hou dit dus in gedagte voor jy begin sny. Sny saam met die grein van die vleis.

2. Growwesout (150 g)

Sout is een van die oudste preserveermiddels. Dit onttrek die bloed uit die vleis en verskaf ook ‘n lekker smaak.

3. Bruinasyn (500 ml vir inlê)

Jy gebruik dit vir die inlê (stap 1 op die oorkantse blad), asook om die sout die volgende oggend af te spoel in ‘n asynwatermengsel met ‘n 50-50-verhouding.

4. Gemaalde koljander (250g)

Koljander pas by biltong soos Coke by rum. As jy wil, kan jy dit eers in die oond rooster.

Opsioneel

Salpeter(10g) Dié preserveermiddel word veral in die warmer streke gebruik.

Koeksoda(10 g) Dit keer dat die vleis muf.

Gemaalde swartpeper (na smaak)

Behalwe om ‘n lekker geur te gee, hou dit ook die vlieë weg.

Bruinsuiker (50 – 100g)

Dit help om vleis sag te maak.

Worcestersous (500 ml)

Jy kan dit ook vir die inlê gebruik.

Die kortpad

Jy kan klaargemaakte biltongspeserye koop by sommige slaghuise, asook by ondernemings soos Freddy Hirsch (www.freddyhirsch.co.za) en Crown National (www.crownnational.co.za). Dié mengsels maak biltongmaak nóg makliker, maar fynproewers verkies tradisionele resepte. Hulle loop wye draaie om kunsmatige geurmiddels en chemiese bestanddele.

Wenk: Gewoonlik moet vleis so 2 weke hang, maar met ‘n elektriese waaier kan dit ná 5 dae al naby reg wees. Hoe lank jy moet wag, sal van jou omgewing se klimaat afhang.

Gooi growwe sout in ‘n groterige, ronde bak of skottel.

Sit ‘n laag vleis in ‘n langwerpige bak en bedek met sout. Sprinkel asyn of Worcestersous oor en herhaal met res van vleis. Laat staan in koel plek vir 12 uur.

Haal die vleis uit en doop vinnig in ‘n 50-50-mengsel van bruinasyn en water.

Sprinkel speserye oor.

Druk hake deur, hang op en wag.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page