Malvapoeding met roomys & vla – in die mikrogolfoond!
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Niks sê Sondagete soos malvapoeding met roomys en vla nie!
Genoeg vir 8
Sous
1 blik ingedampte melk
100 g (125 ml) suiker
125 ml water
Poeding
60 g (65 ml) sagte botter
200 g (250 ml) suiker
35 ml appelkooskonfyt
1 eier
140 g (250 ml) bruismeel
5 ml koeksoda
250 ml melk
15 ml asyn
1 liter vanieljeroomys
500 ml vanieljevla
Plaas al die bestanddele vir die sous in mikrogolfbestande bak en verhit tot kookpunt in mikrogolfoond vir sowat 2 – 3 minute. Hou eenkant.
Poeding Room botter en suiker saam in groot mengbak. Voeg res van poedingbestanddele by, behalwe roomys en vla. Meng tot gladde beslag. Spuit ’n mikrogolfbestande 30 cm-ringpan goed met kleefwerende kossproei. Gooi beslag in pan en verhit in mikrogolfoond op Hoog vir 10 – 12 minute of tot poeding begin verbruin.
Laat staan in mikrogolfoond vir 3 minute. Gooi sous oor en laat intrek. Keer uit op opdienbord en sit voor met roomys en vla.
*Daar is geen bewyse dat kos uit ’n mikrogolfoond ’n gesondheidsgevaar vir mense inhou nie, solank dit korrek werk en korrek gebruik word. En anders as wat sekere doemprofete beweer, maak ’n mikrogolfoond nié jou kos radioaktief nie.
– dr. Carl Albrecht van Kansa
댓글