Mikrogolf-fudge
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Jy sal die fudge ʼn paar keer moet uithaal om te roer.
(Genoeg vir 12 sirkels)
Kooktyd: sowat 15 minute in mikrogolf op hoog gestel
1 blik (397 g) kondensmelk
420 g (500 ml) strooisuiker
125 g (135 ml) botter, gesmelt
5 ml vanieljegeursel
50 g donkersjokolade
Plaas kondensmelk, strooisuiker en botter in ’n bak wat jy in die mikrogolfoond kan gebruik. Meng en sit in mikrogolf wat op hoog gestel is. Maak oop ná 2 minute en roer goed. Plaas terug en herhaal die proses tot dit fudge vorm. Dit sal so 10 – 15 minute duur. Haal versigtig uit en voeg vanieljegeursel by. Klop fudge sowat 10 minute. Spuit vlak klein muffinpannetjie met kleefwerende kossproei. Gooi fudge in holtes. Laat heeltemal afkoel. Dit kan nogal ’n rukkie duur. Keer versigtig uit. Smelt sjokolade in bakkie wat oor ’n bak met kookwater geplaas is. Versier fudge met sjokolade. Sit in yskas dat sjokolade hard kan word.
Comentarios