Mikrogolf-hoenderwors met warm appelslaai
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 7 min.
500 g hoenderwors
4 rooi appels, in skywe gesny
125 ml (½ k) appelsap
300 g koolslaaimengsel
sout en peper
bronkors vir voorsit
Sny die wors in ewe groot lengtes en ryg aan geweekte steekpenne.
Plaas die appelskywe en sap in ’n mikrogolfbestande bak, bedek met kleefplastiek en mikrogolf 1 minuut op hoog of tot die appels sag is. Roer die koolslaaimengsel in, bedek en mikrogolf 1 minuut of tot die groente verlep is. Geur met die sout en peper.
Rangskik die wors op ’n plat bord en mikrogolf 5 minute op hoog of tot deurgaar.
Sit voor saam met die koolslaai en bronkors.
Comentários