Mikrogolf-koffiepoeding
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Glo dit of nie, maar dit gaan jou minder as 15 minute neem om hierdie nagereg voor te berei.
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 1-2 minute
125 ml (½ k) bruismeel
125 ml (½ k) suiker
60 ml (¼ k) kakao
2 eiers
90 ml (6 e) melk
90 ml (6 e) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
vla vir voorsit
Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
Voeg die res van die bestanddele een vir een by, meng goed deur en skep in 4 koppies.
Plaas die 4 koppies in die mikrogolfoond en mikrogolf 1-2 minute of tot die poedings net gaar is.
Sit voor met vla of room.
WENK
Voeg 25 ml (5 t) gekapte pekanneute by die poeding.
Kommentare