top of page

Nico se boereworsresep

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 5, 2015
  • 2 min read

Nico se boereworsresep.jpg

2,5 kg kruisskyf (rumpsteak) of binneboudvleis (topside), sny senings uit, maar los matige hoeveelheid vet

1,5 kg varkskouer, sonder been, vel en vet

1 kg vark-rugspek

70 g sout

5 g (± 7 ml) fyn swartpeper

10 g fyn of growwe koljander

2,5 g fyn neut

2 g fyn naeltjies

150 ml bruin druiweasyn

50 ml water

skaapderm, of varkderm vir ’n dikker wors, baie goed uitgespoel en in vars water geweek

Gebruik die beste, varsste speserye. Die speserye wat jy 12 jaar gelede in ’n rakkie as trougeskenk gekry het, is nie goed genoeg nie. (Hopelik in teenstelling met jou eggenoot.) Indien jy heel koljander gebruik, kan jy dit effens in ’n pan skroei en dan grof maal. Meng al die speserye en sout saam – dit is uiters belangrik dat veral die naeltjies goed versprei is.

Sny die vleis in stukke wat in jou grootte vleismeul pas. Die vleis moet koud wees, wissel tussen 2 en 4 °C. Meng die vleis baie goed met die speserye, voeg die asyn en water by en meng baie goed.

Maal die vleis en versprei die vleis en vet tydens die maalproses sodat daar nie te veel met die gemaalde vleis gewerk moet word nie. Meng al die vloeistof en speserye wat agtergebly het in die bak waarin die vleis gemeng is by maalvleis. Meng maalvleis totdat die vet/vleisverspreiding eweredig is.

Maak ’n bietjie van die maalvleis gaar en laat almal in die kombuis daaraan proe. Sout en koljander kan nog bygevoeg en deurgemeng word, maar beslis nie naeltjies nie.

Stop die derms, nie te styf nie, maar daar moenie lugblasies in die wors wees nie. Laat hang die wors op ’n koel plek vir 3 uur en verpak dit dan. Verwyder soveel moontlik lug uit die verpakking. Vars wors kan tot ’n week lank in die yskas gehou word. Vries die res, maar liefs nie langer as

twee maande nie.

Skaapderm is baie sagter as varkderm en is dus heerlik vir pangebraaide wors. Varkderm is taaier en werk goed vir braaiwors op die kole.

Nico Nel

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page