Oondgebraaide uie
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6 – 8
• 6 uie
• 125 ml olyfolie (sien bl. 52)
• 5 takkies vars tiemie
• sout en varsgemaalde swartpeper
1 Verhit oond tot 200 °C. Skil die uie.
2 Sny uie in skywe van sowat 2 cm dik.
3 Gooi helfte van olyfolie in oondbraaibak. Pak uie in een laag op olyfolie.
4 Plaas vars takkies tiemie bo-op en gooi res van olie oor. Geur met sout en peper en plaas in oond. Oondbraai 30 minute tot gaar. Skakel rooster-element van oond aan en rooster uie tot goudbruin. Sit warm voor.
Comments