top of page

Oor-die-kole-snoek met gebakte patats

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 5, 2015
  • 1 min read

Oor-die-kole-snoek met gebakte patats.jpg

(4 – 6 porsies)

30 ml heuning

15 ml tiemie, gekap

5 ml fyn kaneel

30 ml olyfolie

7 klein patats, gehalveer

45 ml appelkooskonfyt

100 ml botter

2 knoffelhuisies, gekap

sap en skil van 2 suurlemoene

800 g snoekfilet, vars of bevrore

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

appelkooskonfyt vir brood

Verhit oond tot 200 ˚C.

Meng heuning, tiemie, kaneel en olie.

Plaas patats in ‘n oondvaste bak en gooi heuning-mengsel oor.

Bedek bak met tinfoelie en bak vir 25 – 30 minute of tot sag en gaar.

Meng konfyt, botter, knoffel en suurlemoensap en -skil in ‘n klein potjie.

Plaas oor lae hitte en smelt alles saam.

Plaas snoek op ‘n toeklap-rooster wat gespuit is met kleefwerende sproei.

Maak 6 snye in die vis se vel en verf met die bottermengsel.

Plaas die vel-kant eerste oor die warm kole en braai stadig vir 5 minute.

Verf met die botter-mengsel terwyl dit braai en draai om.

Herhaal totdat die vis goudbruin en gaar is – sowat 15 – 20 minute.

Sit warm vis saam met patats, stokbrood en appelkooskonfyt voor.

 
 
 

תגובות


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page