top of page

Paella op die kole

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 5, 2015
  • 1 min read

Paella op die kole.jpg

(8 – 10 PORSIES)

sowat 60 ml olyfolie

8 hoenderboudjies

1 rooi soetrissie

1 geel soetrissie

1 oranje soetrissie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

4 Spaanse worse

1 blik (410 g) gekapte tamaties

3 ml gerookte paprika

5 ml borrie

2 lourierblare

250 ml (1 koppie) witrys

250 ml witwyn

1,5 liter warm hoenderaftreksel

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Maak seker die kole is lekker warm. Plaas jou pan op ’n staander op die vuur en verhit die olie. Braai die hoender tot dit begin bruin raak. Voeg die soetrissies by en braai vir 2 minute. Voeg ui, knoffel en wors by. Braai vir 5 minute verder. Voeg die tamaties, paprika, borrie, lourierblare en rys by. Roer goed. Voeg

wyn by en laat kook tot die vloeistof weggekook het Voeg aftreksel ’n koppie op ’n slag by. Gee jou aella so elke nou en dan ’n roer. Geur met sout en peper en voeg heeltyd aftreksel by – dit moenie droogkook nie. Dis reg wanneer die rys en hoender gaar is – jy moet maar toets. Dit neem gewoonlik 30 – 35 minute afhangende hoe warm jou vuur is.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page