Pampoen-en-garnaalsop – maklik in die mikrogolf
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Herman Lensing nuwe weergawe van die klassieke Franse vissop bouillabaisse. Dit word tradisioneel met tamatie gemaak, maar hy maak dié een met pampoen.
(genoeg vir 6)
45 ml olyfolie
45 ml botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 brandrissies, fyngekap
30 ml kerriepoeier
500 ml hoenderaftreksel
500 g geskilde pampoen
16 (sowat 200 g) steurgarnale,
doppe verwyder
sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas olyfolie, botter, ui en knoffel in mikrogolfbestande glasbak.
Verhit op Hoog vir 5 – 8 minute of tot ui deursigtig is.
Voeg res van bestanddele, buiten garnale, by. Plaas terug in mikrogolfoond.
Verhit verder op Hoog vir 12 – 15 minute of tot pampoen sag en gaar is. Maak met staafmenger fyn tot gladde mengsel.
Plaas garnale in sop en verhit mengsel 5 minute lank op Hoog in mikrogolfoond.
Geur goed met sout en peper.
Sit voor.
Wenk: As jy nie skulpvis kan eet nie, vervang die garnale met stukkies wit vis.
コメント