Preibrood
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Ek het die eerste keer soortgelyke brood by Babylonstoren buite Stellenbosch geëet. Die heel prei in die brood gee dit ’n heerlike smaak en lyk ook asof jy baie moeite gedoen het.
genoeg vir 6 – 8
koekmeel vir uitrol
1 x 500 g-sakkie winkeldeeg
1 groot heel prei, gewas en wortels afgesny
growwe sout
Sprinkel dun lagie koekmeel op werkvlak en keer deeg daarop uit. Druk deeg met handpalms plat tot sowat 1 cm dik. Dit hoef nie ’n presiese vorm te wees nie, net groot genoeg sodat dit die lengte van die prei is. Plaas prei op rand van deeg. Geur goed met sout. Rol prei en deeg saam op in stewige wors. Spuit ’n bakplaat goed met kleefwerende kossproei en plaas deegrol bo-op. Laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 20 – 15 minute. Verhit oond intussen tot 180 °C. Gebruik skerp mes en sny kepe in brood. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros. Sit louwarm voor met regte botter.
Comments