SELMA SE BESKUIT
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

500 g margarien
2 kop bruinsuiker
500 ml karringmelk
2 eiers
1 kg bruismeel
1 ml bakpoeier
knippie sout
5 weet bix blokkies - fyngebreek
Smelt margarien en roer die suiker by tot amper opgelos.
Klits die karringmelk en die eiers saam.
Meng al die droë bestanddele.
Meng nou die margarienmengsel, karringmelkmengsel en die droë bestanddele saam.
Spuit 3 x 2 liter roomysbakke.
Verdeel die deeg in die 3 bakke.
Plaas vir 10 minute op hoog in mikrogolf.
NIKS LANGER NIE!!!
Droog uit in gewone oond.
Comments