SELMA SE GESONDHEIDSBESKUIT
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 2 min read

Die resep kan met welslae gehalveer word vir ’n kleiner baksel.
Lewer 60 vingerbeskuite
250 ml lae GI hawermout (1 kop)
500 ml koekmeel - gesif (2 kop)
25 ml bakpoeier (5 tl)
5 ml koeksoda (1 tl)
500 ml semels (2 kop)
500 ml hoëvesel-ontbytgraan* (2 kop)
500 ml volgraan pro nutro* - original of apple bake (2 kop)
250 ml suiker (1 kop)
5 ml sout (1 tl)
250 ml sultanas (1 kop)
2 appels - geskil en gerasper
100 ml canola of olyfolie*
1 liter vetvrye gewone of vrugtejogurt* (4 kop)
250 ml afgeroomde melk* (1 kop)
2 eiers
5 ml vanielje geursel (1 tl)
Meng al die droë bestanddele met ’n houtlepel in ’n groot bak.
Gebruik die houtlepel om die mengsel ’n paar keer met ’n opligbeweging te belug.
Voeg die sultanas en gerasperde appels by en roer tot gemeng.
Meng die olie, jogurt, afgeroomde melk, eiers en vanielje geursel in ’n groot beker.
Voeg by die droë bestanddele.
3Gebruik ’n houtlepel en meng die vloeibare bestanddele met die droë bestanddele tot net gemeng.
4Skep die deeg in 2 reghoekige mikrogolfbakke, bv. tupperware broodhouers, 27 cm x 22 cm of glasbakke van dieselfde grootte wat met koeksproei bespuit en met papierhanddoek gevoer is.
Mikrogolf elke houer 18 - 20 minute lank op hoog.
Maak seker dat die bokant van die beskuit nie meer klam is wanneer jy dit uit die mikrogolfoond haal nie.
As dit nog klam is mikrogolf nog 10 sekondes op ’n keer tot geseël bo op.
Keer die bakpan op ’n afkoelrak om, trek die papier versigtig af en laat die beskuit 20 minute lank afkoel voordat jy dit in vingers sny.
Sny elke broodpan se inhoud in 30 vingers en droog die beskuit in ’n stadige oond van 100 grade C uit vir 2 - 3 ure.
Sandra Saayman
Comments