Sjokolade-fudge-koek … in die mikrogolf!
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Lewer 1 groot koek
250 ml (140 g) koekmeel
250 ml (220 g) strooisuiker
20 ml bakpoeier
2 ml sout
40 ml kakaopoeier
125 ml warm water
125 ml karringmelk
5 ml vanieljegeursel
2 groot eiers, geklits
60 ml sonneblomolie
Bo-laag
125 ml room
200 g donkersjokolade, fyngekap
125 g bessies van jou keuse
Spuit ’n mikrogolfbestande 20 cm-ringpan goed met kleefwerende kossproei. Meng die meel, strooisuiker, bakpoeier en sout. Meng kakao met warm water tot glad en voeg karringmelk en vanieljegeursel by. Voeg eiers en olie by en meng goed. Meng vloeistofmengsel by die droë bestanddele en klits tot glad.
Gooi in pan. Verhit in mikrogolfoond op Hoog vir 7 – 10 minute – die sterkte van die mikrogolfoond bepaal hoe lank jy dit moet verhit. Die koek sal klam bo-op wees. Laat staan vir 10 minute in mikrogolfoond. Keer uit en laat heeltemal afkoel.
Bo-laag Verhit room tot kookpunt en gooi oor fyngekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Skep sjokolademengsel oor koek en pak frambose bo-op. Laat stol sjokolade
en sit voor.
Comments