Spoggerige oosterse patats
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Pleks van met jogurtsous kan dié patats voorgesit word met ’n salsa van gekapte appel, koljanderblare en sprietuie.
Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
PATATS EN SOUS
6-8 rooi of oranje patats, geskil
60 ml (¼ k) sonneblomolie
1 rooi-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
5 ml (1 t) komynsaad
5 ml (1 t) mosterdsaad
60 ml (¼ k) lemmetjiesap
30 ml (2 e) sesamolie
15 ml (1 e) vissous
60 ml (¼ k) heuning
OM VOOR TE SIT
1 komkommer
125 ml (½ k) Griekse jogurt
geroosterde sesamsaad
granaatpitte (opsioneel)
PATATS EN SOUS
Prik die patats en plaas dit in ’n mengbak. Meng al die bestanddele vir die sous en giet dit oor. Mikrogolf 15-20 minute tot net sag en gaar.
OM VOOR TE SIT
Rasper die komkommer, dreineer dit goed en meng dit met die jogurt. Skep oor die patats en sprinkel die sade en granaatpitte (indien verkies) oor.
WENK
Rond die gereg met vars koljanderblare af.
תגובות