Twee-keer-kook-hoender – maklik in die mikrogolf
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Nie lus om agter die kospotte te staan ná ’n lang dag nie? Steek ’n vuur aan, drink ’n lekker glas wyn saam met die familie en maak hierdie smul lekker hoender vinnig tussendeur.
(genoeg vir 6)
500 ml laesout-sojasous
500 ml beesaftreksel
2 heel steranys-peule
30 ml heuning
60 ml bruinsuiker
2 lourierblare
sap en skil van 2 suurlemoene
2 brandrissies, gehalveer
1 cm vars gemmer, fyngerasper
6 hoenderporsies (dye en boudjies)
sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas al die bestanddele behalwe die hoender, sout en peper in groot mikrogolfbestande bak – dit moet groot genoeg wees sodat jy die hoender later kan insit. Stel mikrogolfoond op Hoog en verhit die sojamengsel vir 5 minute. Voeg hoenderporsies by en kook vir nog 12 minute.
Haal uit mikrogolfoond en los in marinade terwyl jy warm kole gereed kry.
Plaas hoenderporsies velkant na onder oor warm kole en geur goed met sout en peper. Braai sowat 5 minute per kant of tot goudbruin en heeltemal gaar.
Sit voor met slaai van jou keuse.
Comments