Vyebrood
- The Rainbow Team
- Feb 5, 2015
- 1 min read

Gedroogde vye is heeljaar beskikbaar. As jy gelukkig is en vars vye sien wanneer jy die brood bak, kan jy dit ook gebruik.
genoeg vir 6 – 8
200 g gedroogde vye
400 ml kookwater
1 x 500 g-sakkie winkeldeeg
sout en varsgemaalde swartpeper
Week vye 30 minute lank in kookwater. Spuit ’n 20 x 30 cm-pan met kleefwerende kossproei. Plaas brooddeeg in pan en druk plat. Dreineer vye en druk dit effens in die deeg in met jou vingerpunte. Geur goed met sout en peper. Laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 25 – 30 minute. Verhit intussen jou oond tot 180 °C. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros. Sit louwarm voor met regte botter.
Comentarios