top of page

Griekse Grondboonbotterkoekies

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 6, 2015
  • 2 min read

Griekse Grondboonbotterkoekies.jpg

Griekse koekies bevat gewoonlik fyn amandels. Ek gebruik grondboontjieblokkies en sit ook gladde grondboontjiebotter in elke koekie.

(20 koekies van sowat 7 cm in lengte)

225 g (245 ml) sagte botter

100 g (125 ml) suiker

1 eiergeel

30 ml water

1 ml vanieljegeursel

450 g (800 ml) koekmeel

5 ml bakpoeier

100 g grondboontjieblokkies

gladde grondboontjiebotter vir vulsel

versiersuiker om koekies in te rol

Voor jy die koekies bak, sien bakwenke.

Verhit oond tot 190 °c. Plaas botter en suiker saam in elektriese menger se bak en verwerk tot lig. Voeg eiergeel, water en vanielje by en meng. Sif meel en bakpoeier saam in ’n mengbak. Voeg by bottermengsel en meng. voeg grondboontjieblokkies by en meng. keer mengsel op meelbestrooide oppervlak uit en knie tot gladde deeg vorm – dit sal dalk effens droog lyk, maar dis reg so. vat ’n hoogvol eetlepel deeg en plaas op jou handpalm. Rol in ovale vorm. maak gaatjie in middel en skep halwe teelepel grondboontjiebotter in gaatjie. vou toe met deeg en plaas op uitgevoerde bakplaat. Bak so 20 minute. Haal uit oond en laat afkoel. Plaas versiersuiker in ’n bak en rol elke koekie in suiker.

Wenke vir koekies bak

Die bakproses is baie akkurater as jy ʼn skaal eerder as maatkoppies gebruik om die bestanddele af te meet.

Plaas altyd die oondrak waarop jy jou bakplaat gaan sit, in die middel van die oond.

Sorg dat die botter by kamertemperatuur is wanneer jy botter en suiker saam moet verroom in die elektriese menger. Dit maak die proses makliker.

Gebruik die mengspaan(K-beater) van die elektriese menger om botter en suiker te verroom en om deeg aan te maak.

Om te verseker dat die rande van die koekies nie brand of te donker bak nie, plaas twee bakplate opmekaar – die een binne- in die ander – en bak dan die deegballetjies op die dubbele bakplaat.

Bêre altyd koekies in ʼn lugdigte houer om varsheid te verseker.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page