Griekse pastaslaai
- The Rainbow Team
- Feb 6, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
150 g klein penne-pasta
halwe Engelse komkommer
200 g klein rosa-tamaties
100 g swart olywe, ontpit
200 g fetakaas, in blokke gesny
sowat 12 vars basiliekruidblare, grofgekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Slaaisous
250 ml mayonnaise
30 ml crème fraîche
1 knoffelhuisie, fyngedruk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en spoel af in ’n vergiettes. Laat die pasta heeltemal afkoel in die vergiettes. Wanneer dit afgekoel is, sal dit aan mekaar vassit. Spoel die pasta weer af met louwarm water sodat dit los kom. Gooi in ’n groot mengbak. Meng die slaaisous-bestanddele en roer deur die pasta. Sny die halwe komkommer lengtegewys in die helfte. Skraap die pitte uit en sny die komkommer in blokkies. Meng die komkommer, tamaties, olywe, fetakaas en basiliekruidblare. Geur met sout en swartpeper. Skep die pasta in houers en skep die tamatie-mengsel bo-op.
Comments