Griekse Pizzas
- The Rainbow Team
- Feb 6, 2015
- 1 min read

(GENOEG VIR 4)
30 ml olyfolie
250 g maer beesmaalvleis
1 ui, gekap
15 ml tamatiepuree
200 ml van blikkie gekapte tamaties met kruie
1 takkie vars roosmaryn, fyngekap
4 mini-pitabrode (verkieslik bruin/volgraan)
125 ml gerasperde mozzarella-kaas
125 ml gekapte spinasie
1 tamatie, gekap
80 ml laevet-fetakaas, in stukke gebreek
12 olywe (opsioneel)
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 200 °C. Verhit die olie in ’n pan en braai die maalvleis en ui tot gaar. Roer tamatiepuree, gekapte tamaties en roosmaryn by die vleismengsel in en geur met sout en peper. Kook nog 5 minute. Sny die pitabrode oop en pak die pitahelftes, growwe deel na bo, op ’n groot bakplaat. Bak 2 – 3 minute tot ligbruin. Verdeel maalvleismengsel tussen die pitahelftes en sprinkel die mozzarella-kaas op. Bak nog 2 – 3 minute of tot kaas gesmelt is. Sodra pizzas uit oond kom, sprinkel spinasie, tamatie, feta en olywe op. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.
Comments