top of page

Ierse bredie

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 6, 2015
  • 2 min read

ierse bredie.jpg

Ek het ’n baie eenvoudige bredie gemaak -  jy kan nog groente byvoeg of selfs van die aftreksel met rooiwyn of Guinness vervang. Tradisioneel is Ierse bredie ’n maaltyd op sy eie, maar jy kan dit natuurlik saam met rys of koeskoes voorsit.

Genoeg vir 4.

Jy het nodig:

2 e olie

500 g lamsvleis, in 5 cm-blokkies gesny (jy kan ’n paar bene byvoeg vir ekstra geur)

1 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny

1 groot ui, grofgekap

1 bossie preie, in ringetjies gesny

5 groot wortels, in ringetjies gesny

750 ml bees- of lamsvleisaftreksel

2 of 3 koolblare, baie dun gesny (opsioneel)

sout en peper na smaak

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Gooi die helfte van die olie in ’n groot braaipan en verhit tot baie warm. Voeg die helfte van die vleisblokkies by en braai tot bruin. Skep die lam uit en plaas in ’n groot oondvaste bak (met ’n styfpassende deksel). Pak die helfte van die aartappels, uie, preie en wortels oor die vleis.

3. Verhit die res van die olie in die pan en braai die res van die vleis tot bruin. Plaas in die oondvaste bak en herhaal die groentelae.

4. Giet die aftreksel oor, sit die deksel op en plaas in die oond vir ’n uur. Voeg dan die kool by (indien verkies), sit weer die deksel op en plaas terug in die oond vir nog ’n uur. Loer elke nou en dan om seker te maak die vloeistof kook nie te veel weg nie. Voeg ’n bietjie kookwater by as jy bang is dit kook te droog. Die bestanddele moet die heeltyd deur vloeistof bedek wees. As die sous aan die einde van die kooktyd van twee ure te loperig is, haal die deksel af en los nog ’n rukkie in die oond. Proe en geur met sout en peper na smaak. Jy kan die bredie onmiddellik geniet, of jy kan dit berei tot twee dae voordat jy dit wil voorsit.

– Aangepas vanaf britishfood.about.com.​

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page