5-uur-lamsboud
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

ʼn Baie lekker manier van kook -die vleis is lank in die oond terwyl jy oorgenoeg tyd het om ander dinge te doen.
Genoeg vir 6
1 lamsboud met been (sowat 2 kg)
100 ml olyfolie
40 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
40 ml olyfolie
20 – 30 klein piekeluitjies, geskil
1 200 g klein rosa-tamaties
knoffelhuisies van 1 heel bol knoffel
4 roosmaryntakkies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 160 °C. Plaas lamsboud in groot oondbak. Gooi 100 ml olyfolie oor en geur met sout en peper. Plaas oop in oond vir ‘n uur. Verhit intussen die 40 ml olyfolie in ‘npan. Braai uitjies tot bruin. Voeg tamaties by en braai verder tot tamaties net sag is. Haal boud uit oond ná uur verby is. Pak uitjies, tamaties en knoffel om lamsboud en voeg roosmaryn by. Geur met nog ‘n bietjie sout en peper en plaas terug in oond. Laat lamsboud vir nog 4 uur in oond. Jy kan so af en toe van die sous oor die boud gooi. Die vleis gaan omtrent van die been af val.
Comments